Skip to main content

‘n Pragtige ou huis wat in die Engelse oorlog as hospitaal gebruik is, staan vandag nog op erf 830, eens bekende toeka-sakeman, Thomas William Beckett, se grond wat van Eastlaan tot Eastwoodstraat noordwaarts gestrek het tot Meintjeskop.

Erf 830, TW Beckett se eiendom wat vandag 188 Eastwoodstraat is, is in die oorlog as hospitaal vir Britse troepe opgekommandeer. Dis hier waar prins Victor, kleinseun van koningin Victoria, dood is..

Dit is in dié huis-hospitaal waar Prins Christian Victor van Schleswig-Holstein, kleinkind van koningin Victoria op 29 Oktober 1900 dood is. Die hospitaal het in die volksmond as die Beckett-hospitaal bekend gestaan nadat Lord Roberts die huis met die beleg van Pretoria in 1900 opkommandeer het.
Die Becketts het hulle huis Merton Keep genoem. Thomas is in 1874 met Annie Harriet Isabella Orsmond getroud en hulle het 16 kinders gehad. Thomas se maatskappy, TW Beckett and Co, is in 1875 gestig.

Thomas, Annie en hulle kinders moes die huis verlaat toe Lord Roberts die eiendom in die ‘Imperial Yeomanry Hospital’ vir Britse troepe omskep het en hospitaaltente oral laat opslaan het. Meer as 5 000 pasiënte is daar behandel in die enkele jaar wat die hospitaal bestaan het.
Die ‘Imperial Yeomanry’ hospitaal het nie net die Becketts se huis ingesluit nie; tente is
ook oral opgeslaan..

Met die eiendom wat gepaard gaan met die geweldige geskiedenis wat daar plaasgevind het, sal ons dit beslis interessant vind om Merton Keep te ondersoek vir enige bonatuurlike aktiwiteite wat daar mag plaasvind..

Phoenix Paranormal SA

About Phoenix Paranormal SA

We are Phoenix Paranormal South Africa, a professional paranormal investigative group that helps people of all ages and backgrounds. We use high end electrical equipment to capture evidence of the unknown and only after we have eliminated all logical explanations will we consider the paranormal.